Net omdat dit mooi is
Sy werk is suiwer “escapism” en herinner `n mens aan illustrasies in kinderboeke. Daar is deurlopend karakters wat hulleself in verskeie humoristiese of ongewone situasies bevind. Ten spyte van die kinderlike inslag is daar tog `n donker sy ook in sommiges (so `n Tim Burton-rige “twist” amper). Gaan kyk bietjie.
Net `n bietjie inspirasie
Daar word algemeen verwys na “writer’s block”, maar net so vreesaanjaend is `n skoon doek vir iemand wat skilder (of eerder PROBEER om te skilder!).
Vir meer as `n jaar staan daar nou `n 1.2 x 1.2 spierwit onaangeraakte doek op `n esel in die hoek van my sitkamer. En hy gluur my aan – so half beskuldigend asof hy wil sê “nou waarvoor wag jy dan?!”. En dis juis hierdie intimiderende doek wat my onlangs tot `n fanatiese soektog na inspirasie gedryf het. Read the rest of this entry »