Virtually yours

Maart 1, 2009 at 1:19 nm (elektroniese media) ()

Die afgelope week of twee het ek tot my ontsteltenis ontdek dat ek toe nie so bestand is teen verslawing soos ek gedink het nie. En ek praat nie nou van my daaglikse koffie-fix of my verslawing aan musiek of boeke nie. My uithouvermoee  is verrassend goed as dit kom by alles wat verslawend kan wees. Ten spyte van `n paar skelm rooksessies op universiteit het die rookgewoonte nooit vat gekry nie. Die hele dwelmding het my nooit geinteresseer nie – waarskynlik omdat ek net te veel van `n control freak is en ten alle tye graag by my volle bewussyn wil wees. Read the rest of this entry »

Permalink Lewer Kommentaar

Boeke-Insig webblad sien die lig

November 20, 2007 at 9:28 vm (elektroniese media)

insig.jpgGoeie nuus! Vir diegene wat (soos ek) ywerige boekwurms is – Boeke-Insig se webblad is uiteindelik lewendig. Ek het vinnig gaan loer en is heel beindruk-
mooi skoon & oop webblad met redelike eenvoudige navigasie. (as Litnet tog nou net hulle voorbeeld wil volg) Gaan kyk bietjie by www.boekeinsig.co.za.

Ek’s dalk te vinnig TE optimisties, maar ten minste het Insig darem nou in `n nuwe reinkarnasie weer herrys. Kom ons hoop dis blywend! 

Ironies genoeg het Books & Leisure tot `n einde gekom (dalk iets met die keuse van voorblaaie te doen?) so die tydberekening is onheilspellend goed.

 ”Book lovers’ title facing closure
Books & Leisure magazine has “sadly come to the end of the road. as without the support from paid advertising we can no longer sustain the magazine,” managing editor Carol Röthlisberger said yesterday, Monday, 19 November 2007 in a statement. “If by some miraculous twist of fate in the next two months, Books & Leisure finds an investor, we will pick up the pieces and fulfill our promise of a world-class magazine.” (uittreksel uit Bizcommunity newsletter)

Permalink Lewer Kommentaar

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.