Extremely loud …
… and incredibly close is waarskynlik een van die mees oorspronklike en authentic boeke wat ek in `n LANG tyd gelees het. Ek is nou eers op bladsy 86 en alklaar heeltemal verlore en verlief.
Briewe uit Provence
So `n maand gelede het LitNet my gevra om `n resensie te skryf oor Marita van der Vyver se jongste boek Franse briewe: Pos uit Provence. As jy wonder of jy dit moet aanskaf vir die vakansie, lees gerus hier of laat weet my wat julle van die boek gedink het.
Kreunende boekrakke en vakansielysies
Dis weer daai tyd van die jaar wanneer ek my hopie boeke vir die vakansie bymekaarmaak om saam te sleep see toe. Gewoonlik is dit `n kombinasie van dik onpraktiese biblioteekboeke (want ek glo nog daarin om boeke by `n groot, stil, stowwerige plek uit te neem en te wonder oor wie die bladsye voor my omgeblaai het), boeke uitgesnuffel op obskure markte in klein dorpies en soms `n paar splinternuwes wat nog die reuk van ink op hulle bladsye vasgryp. Read the rest of this entry »