Ashtray Electric gesels oor hul jongste album, Measured in Falls
Kom ons begin by die mees voor die hand liggende en waarskynlik populêrste (asook irriterendste) vraag: Het julle ’n besondere voorliefde vir nikotien, of kom die naam Ashtray Electric bloot van die moontlike poëtiese samevoeging van twee arbitrêre woorde wat goed saamgeklink het op daardie oomblik?
Rudi: Ongelukkig het dit niks met nikotien uit te waai nie. Arbitrêr is dit wel, maar dit kom uit twee van ons gunsteling-liedjies waarna ons geluister het rondom die tyd toe ons ’n naam gesoek het. Die een was “Ashtray Girls” van Placebo, en die ander “Electric Alice” van Nick Cave se ander projek, Grinderman.
Measured in Falls, julle tweede album, is 11 Junie by The Assembly vrygestel en pryk tans op alle musiekwinkels wat hul sout werd is se rakke. Die albumtitel kan op verskeie wyses geïnterpreteer word – wat is julle interpretasie?
Rudi: Ek dink al vier
van ons het ’n ander interpretasie van die titel. As jy so baie tyd saam spandeer op toer en in studio, deel jy omtrent alles. Dis soos om drie meisies te hê. Partykeer gaan dit goed, en ander kere nie. Ons raak kwaad vir mekaar of ons lag saam.
Hierdie skrywe het oorspronklik op LitNet verskyn. Lees die volledige onderhoud hier.