Insidente en gypsies

Junie 25, 2011 at 9:48 vm (algemeen) (, , )

Goed – so eenkeer `n week was miskien `n bietjie optimisties, maar is darem in die proses om my eie besigheid op die been te bring,  so ek mag `n bietjie slack kry … In elk geval – tussen die ontwerp van besigheidskaartjies, domain name registrasies en `n deeltydse werk om te oorleef, het ek wel darem op `n paar cool goed afgekom wat die moeite werd is om te deel.

Een hiervan is my ontdekking van `n Stellenbosse band. Die res van die wêreld weet waarskynlik al van Manouche. Ek het `n paar maande gelede die eerste keer die naam sien opduik en die woorde “gypsy jazz” het dadelik my aandag getrek. Helaas het maande verbygegaan waarin ek nie by een van hulle gigs kon kom nie. Die noodlot het toe maar ingegryp en `n geleende cd in my hande laat beland (dankie Mattie!)

The Bloomsbury incident is in Maart vrygestel by Klein Libertas so die cd is al `n tydjie in sirkulasie. Ek wil nie te veel weggee nie, want dis die moeite werd om die cd te kry as jy hou van musiek wat afwyk van die gewone norm waarmee ons daagliks gebombardeer word. As jy hou van Rupa and the April fishes en `n bietjie gypsy in jou bloed het, sal jy hiervan hou. Dis vrolik, ongekompliseerd op die oor, maar veelvlakkig. Verward? Mooi – nou kan jy die CD gaan koop!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.