Blondelogic 101 revisted
Goed, so die afgelope twee jaar (give and take `n paar maande) was nie goed vir my blog nie. Gedeeltelik weens stormagtige werksomstandighede en (gelukkig!) ook deels weens die toetrede van `n sekere belangrike persoon waaraan ek met graagte die tyd afstaan.
Die tyd het egter gekom om Blonde Logic se as opsy te krap en `n vuurtjie aan te steek. (metafore is nogsteeds nie my forte nie, ingeval julle gewonder het…) Ek sal dus poog en plegtig belowe om minstens een maal `n week `n sinvolle blog neer te pen – nie `n opgekookte miso-sop weergawe nie, maar `n volskaalse boontjiesop met baie substansie. (hierdie ene tel nie!)
Dus – hou hierdie wit spasietjie fyn dop vir `n paar nuwe boekresensies, die odd treurmare en onnodige sosiale kommentaar en hopelik ook `n musiekonderhoud of twee.
Tot dan, oor en uit.