Angels & Demons nie `n hemelse ervaring nie …
Die beste ding van Angels & Demons is die promotional poster (sien regs) en die feit dat dit nie nog `n uur langer (as die reeds meer as twee ure) is nie. Na gisteraand se missie om Dan Brown se fliekweergawe van die gelyknaminge boek te gaan kyk, weet ek hoe voel klein diertjies wat uit desperaatheid uit hulle pote afkou in slagysters.
Goed, so ek is soms `n klein bietjie oorkrities en ek’s seker as mens lank genoeg kyk sal daar goeie dele wees wat ek tot dusver gemis het. Ewan McGregor sou een gewees het, maar sy karakter is so plat soos `n kartonmannetjie in `n dvd-winkel. (al kry hy lewe teen die einde – sou gaaf gewees het `n uur vroeer) Tom Hanks het in Da Vinci code net nie vir my gewerk as Robert Langdon nie, hier nog minder. Regdeur die fliek dra hy sy gepynigde basset hound uitdrukking met trots en lyk verward – nie soos iemand wat besig is om `n skynbaar eeue-oue conspiracy theory uit te pluis nie. Sy gloeilampie-oomblikke elke keer as hy `n “path”, “symbol” of nog `n klipengel sien oortuig glad nie en hy kom eerder as `n anti-held voor.
Die boek was spannend en merkwaardiglik slim geskryf. Die fliek faal egter dismally en is net `n oppervlakkige weergawe van die boek - wat `n jammerte is. Ron Howard kon soveel meer met die draaiboek gemaak het ipv om net nog `n blockbuster uit te ryg.
Op die ou end is Angels & Demons `n bietjie soos `n ongeluk. Jy weet jy moet ophou kyk, maar jy kan net nie ophou nie.