Elegant slumming

Junie 16, 2009 at 11:59 vm (fliek) (, , )

Dis nooit `n goeie idee om eers `n boek te lees en dan die fliek te sien nie. 99% van die keer sal jy teleurgesteld en ietwat verneuk voel. Slumdog Millionaire het hierdie siniese stelling weer gisteraand vir my bevestig. En dis eintlik jammer, wat op sy eie is dit `n goedvervaardige fliek met `n interessante en onvoorspelbare storielyn.

Net jammer daar is soveel verskille van Vikas Swarup se Q & A dat jy by tye na die boek wil gryp en net sekermaak dat jy wel na die fliek kyk waarop die boek gebaseer is. Dus is dit seker beter om na die twee apart te kyk en nie eers te poog om hulle te vergelyk nie.

Read the rest of this entry »

Permalink Lewer Kommentaar

Angels & Demons nie `n hemelse ervaring nie …

Junie 4, 2009 at 4:33 nm (fliek) (, , , )

Die beste ding van Angels & Demons is die promotional poster (sien regs) en die feit dat dit nie nog `n uur langer (as die reeds meer as twee ure) is nie. Na gisteraand se missie om Dan Brown se fliekweergawe van die gelyknaminge boek te gaan kyk, weet ek hoe voel klein diertjies wat uit desperaatheid uit hulle pote afkou in slagysters.

Read the rest of this entry »

Permalink Lewer Kommentaar