Pienk felines en cat fights
Die afgelope week was duidelik een van ligte vermaak in die vorm van flouerige fliek-fluff – ideaal vir net-na-werk-ontspanning.
Eerste op die lysie was Pink Panther 2. Miskien het ek `n selektiewe geheue, maar ek verbeel my dat die eerste een nie te sleg was nie. En dis met hierdie (dalk verkeerde) idee dat ek dit gewaag het om sy opvolger te gaan kyk.
Virtually yours
Die afgelope week of twee het ek tot my ontsteltenis ontdek dat ek toe nie so bestand is teen verslawing soos ek gedink het nie. En ek praat nie nou van my daaglikse koffie-fix of my verslawing aan musiek of boeke nie. My uithouvermoee is verrassend goed as dit kom by alles wat verslawend kan wees. Ten spyte van `n paar skelm rooksessies op universiteit het die rookgewoonte nooit vat gekry nie. Die hele dwelmding het my nooit geinteresseer nie – waarskynlik omdat ek net te veel van `n control freak is en ten alle tye graag by my volle bewussyn wil wees. Read the rest of this entry »