I have a hunch …
As jou idee van `n goeie fliek `n mal wetenskaplike, `n brein in `n fles, `n monster en `n sarkastiese haas met selfmoordneigings insluit, sal jy sonder twyfel van Igor hou. As die vorige sin egter eenvoudig net te eienaardig vir jou was … hou maar verby.
Ongelukkig is my sin vir humor ietwat aweregs op `n goeie dag – of wel, meeste dae. Dus het diè nuutste animasiefliek wat tans in omloop is mooi in my smaak geval.
I see dead people
… ok nie regtig nie.
Maar die hoofkarakter in Ghost Town sien hulle wel – spesifiek rustelose en geweldig irriterende dwalende geeste. En om dinge nog meer die vererger is die arme man `n tandarts met `n ongure persoonlikheid om by sy ewe onpopulere beroep te pas. Jy kry hom amper jammer.