Briewe uit Provence

December 18, 2008 at 2:57 nm (boeke) (, , )

So `n maand gelede het LitNet my gevra om `n resensie te skryf oor Marita van der Vyver se jongste boek Franse briewe: Pos uit Provence. As jy wonder of jy dit moet aanskaf vir die vakansie, lees gerus hier of laat weet my wat julle van die boek gedink het.

Permalink Lewer Kommentaar

Kreunende boekrakke en vakansielysies

December 16, 2008 at 6:33 nm (boeke) (, , , , )

Dis weer daai tyd van die jaar wanneer ek my hopie boeke vir die vakansie bymekaarmaak om saam te sleep see toe. Gewoonlik is dit `n kombinasie van dik onpraktiese biblioteekboeke (want ek glo nog daarin om boeke by `n groot, stil, stowwerige plek uit te neem en te wonder oor wie die bladsye voor my omgeblaai het), boeke uitgesnuffel op obskure markte in klein dorpies en soms `n paar splinternuwes wat nog die reuk van ink op hulle bladsye vasgryp. Read the rest of this entry »

Permalink Lewer Kommentaar

Rupa en haar visse verseker nie gewoon

December 15, 2008 at 2:48 nm (musiek) (, , )

Wie sou kon dink dat daar nog `n groep musikante kon opduik met `n unieke klank wat net eenvoudig nie in nog `n geklassifiseerde boksie geprop kan word nie. Te danke aan `n resensie van Kobus Burger in Die Burger `n paar maande gelede het ek ook die kleurvolle en klankryke wereld van Rupa & the April Fishes ontdek. Read the rest of this entry »

Permalink 1 Kommentaar

Next page »