It’s alive!

July 21, 2008 at 6:42 pm (algemeen) ()

En so is die monstertjie gebore. Ek is egter nog nie seker of dit `n oulike Shrek-tipe of volskaalse horrormovie alien bevalling was nie … 

Die Burger het uiteindelik sy gesig-lig bekendgestel en ek het die “nuwe” weergawe Saterdagoggend vir die eerste keer gesien. Dit het my vyf minute geneem om die verskil agter te kom (miskien was ek maar net stadig en nog nie heeltemal wakker nie….maw pre-koffie) Die enigste ooglopende verandering is die uitleg en font. Dalk is dit bloot `n geval van moet gewoond raak aan iets nuuts, maar ek’s nie geweldig opgewonde daaroor nie. Die styl lees moeiliker en die uitleg is te besig – ek wil amper waag om te se meer informeel? (ek sien nogsteeds voorbodes van `n ponie-koerant…) Dit wil wel voorkom of daar meer wit spasie is – wat altyd goed is!

Ek’s bly om te sien dit lyk asof bladsy drie nou meer aktueel as sensasie-gedrewe is. Vandag word Angus Buchan se nuutste manne-konferensie byvoorbeeld gedek. (Ek het uit blote nuuskierigheid vandag OOK die Burger gekoop) Een ligpuntjie, dit lyk darem asof daar `n poging aangewend gaan word om die inhoud te verbeter – volgens die redaksie in elk geval:

“Terwyl Die Burger se nuwe baadjie allerwee geesdriftig betrag, bespreek en beoordeel, word is dit miskien gepas om te onthou dat die koerant se nuwe baadjie nie net `n nuwe baadjie is nie. Dit is ook die vergestalting van `n nuwe blaadjie. In `n tyd waarin kommunikasie jammerlik versleg, wil die nuwe Burger kommunikasie betekenisvol verbeter.” 

Ek is nie heeltemal oortuig deur laasgenoemde stelling nie, maar hopelik is ek verkeerd.

Post a Comment