I don’t have pms, I’m a natural bitch
Camille Paglia se woorde, nie myne nie. Soms kan ek egter identifiseer daarmee. Sekere goed bring my innerlike draak uit en dan word vuur sonder onderskeiding gespoeg.
Daar is dinge wat ek eenvoudig nooit sal verstaan nie en my waarskynlik tot die einde van my dae sal grief. Hier is die week se (hit)list:
1. Top Billing en spesifiek Top Billing aanbieders. Ek verstaan nie. Ek verstaan nie die singende, rymende aanbiedingstyl nie. Ek verstaan nie hoekom hulle moet beweeg as hulle praat nie. Oor giggelende Jeannie D se sakkende halslyn en haar twee DIY assistente gaan ek my nie eers uitlaat nie – dis net te maklik.
2. Edith Venter. Ek dink die pienk-tutu-in-die-fontein-foto van so `n ruk gelede in `n sondagkoerant was die finale doodskoot.
3. Madonna. Dis tyd om die speelpakkies weg te pak en af te tree. Dis grillerig en nie eers die samewerking met goeie populere mede-sangers en producers kon Hard Candy red nie. Madonna “reinvent” nie meer haarself nie, sy is besig met grootskaalse ”recycling”.
4. Prison Break. Die man het vir `n paar reekse net een gesigsuitdrukking. (amper soos Keanu Reeves). En presies hoe lank KAN dit neem om te ontsnap uit `n tronk? Dieselfde geld vir 24.
5. Bestuurders in Stellenbosch. Ek vermoed ek het K53 verkeerd verstaan. Stopstrate is opsioneel en as jy noodligte aansit kan jy enigiets doen (ja, selfs parkeer in die middel van`n sirkel). Dit help as jy `n GP-registrasie nommer het, maar is opsioneel. Let the games begin!
6. Die spietkop wat elke oggend 11 uur in die oggend op die hoek van Bird en Kerkstraat stop met loeiende sirene (wat klink soos `n jersey-koei wat binnekort gaan kalf) Dis irriterend en versteur die karma en ambience van Vida se kaneel en Kubaanse musiek wat opswymel na my venster. Ek het `n vae suspisie hy koop sy koffie en pastries by Vida en misbruik die blou lig en geel streep daarvoor. Ek vat more sy nommerplaat.
7. Mense wat chronies laat is.
8. `n’e. Skynbaar is daar verskeie maniere om `n `n te skryf – ek’s heeltemal verbyster. Ek is deur `n groot deel van my lewe en het nie oor hierdie belangrike informasie beskik nie… Maar blykbaar is dit belangrik, BAIE belangrik. (Amper so belangrik soos die posisie van kommas, maar dis net te ontstellend om nou oor te praat. Ek verwerk nog daai trauma.)
9. En laastens – Madiba se verjaardag. Dis nou genoeg. Genoeg verjaardagboodskappe, genoeg advertensies. Kry klaar.
Ke het gesê,
Julie 20, 2008 at 6:16 nm
Jy het my aand gemaak!