Gym bunnies en ander oulike hoppende diertjies
Gymverslaafdes maak my bang. Ek het so `n fobie vir gyms en hulle volgelinge dat twee van my vriende al etlike jare probeer om my na die universiteit se gym te sleep sonder enige sukses. Read the rest of this entry »
Valiant gesels oor sy nuwe CD, legendes en studentwees

Valiant Swart het onlangs sy jongste CD, Vrydagaand/Saterdagaand bekendgestel by Dorpstraat Teater in Stellenbosch. Die bekendstelling is die eerste van `n reeks vertonings wat reg oor die land sal plaasvind tot Mei 2009.
Oppikoppi se dinamiese span sit agter die hele inisiatief, met Tassenberg as borg. Die Legends Live reeks se doel is om al die legendariese Suid-Afrikaanse liedjieskrywers en sangers te vereer in kleiner, meer intieme venues. Die tweede vertoning was verlede Saterdag by Maloney’s in Pretoria en het gespog met Afrikaans se rock-rebel Jan Blohm, Jakkie Louw en up-and-coming nuweling Andra.
Ek het met Valiant gesels oor die nuwe CD, legendes in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en hoe dit voel om weer `n Matie te wees. Lees meer hier.
Last tango in Paris
As jy verlang na mense wat jy nog nie ontmoet het nie en plekke waar jy nog nie was nie, sal jy van Gotan Project hou.