Have you met Miss Jones?

April 28, 2008 at 2:56 nm (musiek) (, )

Dinsdagaand se Melanie Lowe/ Stealing Love Jones/ Sarah Bettens show by Klein Libertas het my behoorlik laat voel asof ek `n R100 noot erens diep in die voering van `n baadjiesak ontdek het. My hoofmissie van die aand was om vir Stealing Love Jones in aksie te sien – iets wat ons nog nie juis op Stellenbosch beskore was nie. Ek is darem `n fan en het die cd binne die eerste maand van vrystelling gekoop! Op die ou end was dit egter nie die Joneses wat die aand gesteel het nie maar eerder Sarah Bettens wat in die 90’s bekendheid verwerf het as een helfte van die internasionaal bekende groep K’s choice. Read the rest of this entry »

Permalink Lewer Kommentaar

Net `n bietjie inspirasie

April 18, 2008 at 12:52 nm (kuns)

Daar word algemeen verwys na “writer’s block”, maar net so vreesaanjaend is `n skoon doek vir iemand wat skilder (of eerder PROBEER om te skilder!).

Vir meer as `n jaar staan daar nou `n 1.2 x 1.2 spierwit onaangeraakte doek op `n esel in die hoek van my sitkamer. En hy gluur my aan – so half beskuldigend asof hy wil sê “nou waarvoor wag jy dan?!”. En dis juis hierdie intimiderende doek wat my onlangs tot `n fanatiese soektog na inspirasie gedryf het. Read the rest of this entry »

Permalink Lewer Kommentaar

Verantwoordelike olifante, stofdeeltjies en parallelle wêrelde

April 16, 2008 at 2:40 nm (fliek) (, )

Net soos dit `n Dr Seuss verhaal betaam is Horton hears a Who laf, kleurvol en slim verpak. Myns insiens is dit egter `n redelike gemiddelde animasiefliek wat niks nuut vir fliekgangers bied nie. Read the rest of this entry »

Permalink Lewer Kommentaar

Next page »