Vir wie is die tafel gedek?

Maart 26, 2008 at 10:37 vm (algemeen)

Ten spyte van `n ontydige en baie onwelkom griepvirus het ek hierdie jaar die onuithoudbare Stellenbosch-hitte (met bogenoemde griep se gepaardgaande koors!) getrotseer om weereens die Woordfees by te woon. Reeds vanaf Januarie is tande geslyp, begroting uitgewerk en met die vrystelling van die program was ek gereed met markeerpen in een hand en Woordfeesboekie in die ander. Read the rest of this entry »

Permalink Lewer Kommentaar

Woordterapie?

Maart 8, 2008 at 6:25 nm (algemeen)

Eintlik is ek maar `n flou skrywer – nee regtig, dis nie `n vis-vir-komplimente stelling of `n komplot vir simpatie nie. Eintlik is ek nie ‘n skrywer nie, ek’s `n woordknoeier. My sinne lees selde reg, is nie grammatikaal korrek nie en my woorde kruip somtyds beskimmeld agter mekaar weg, so asof hulle weet hulle mag nie regtig daar wees nie.  Read the rest of this entry »

Permalink Lewer Kommentaar

Blogger’s block, stories en ander rare verskynsels

Maart 5, 2008 at 11:53 vm (algemeen)

Na `n maandelange stilte is dit seker hoogtyd dat ek weer `n slag blog (of eerder POOG om te blog). Maar ai, die pressure om iets sinvols te sê waaroor ek nie spyt gaan wees môre nie, is nogal groot – moet blogger’s block wees… Nietemin, die brein het weer oortyd gewerk die afgelope tyd en veral tydens die vakansie (wat lankal nes my tan vervaag het). Gelukkig was my swart boekie heeltyd byderhand om gefragmenteerde idees en los sinne te vang soos hulle val. Read the rest of this entry »

Permalink Lewer Kommentaar