Inspired by who?

November 22, 2007 at 12:51 nm (media)

Gedurende my weeklikse Sondag maraton koerantleessessie (ek’s seker dis nie een woord nie maar dit lyk net so goed met al die s’e en e’s!) het my oog vir die verkeerde redes `n sekere kettingwinkel se nuwe handelsmerk gevang.

Read the rest of this entry »

Permalink Lewer Kommentaar

Burger Beterweter resensies

November 20, 2007 at 11:44 vm (fliek)

`n Paar oues wat nog nie gepost is nie – maar die meeste van hulle is al op dvd, so dalk help dit tog;)

Read the rest of this entry »

Permalink Lewer Kommentaar

Boeke-Insig webblad sien die lig

November 20, 2007 at 9:28 vm (elektroniese media)

insig.jpgGoeie nuus! Vir diegene wat (soos ek) ywerige boekwurms is – Boeke-Insig se webblad is uiteindelik lewendig. Ek het vinnig gaan loer en is heel beindruk-
mooi skoon & oop webblad met redelike eenvoudige navigasie. (as Litnet tog nou net hulle voorbeeld wil volg) Gaan kyk bietjie by www.boekeinsig.co.za.

Ek’s dalk te vinnig TE optimisties, maar ten minste het Insig darem nou in `n nuwe reinkarnasie weer herrys. Kom ons hoop dis blywend! 

Ironies genoeg het Books & Leisure tot `n einde gekom (dalk iets met die keuse van voorblaaie te doen?) so die tydberekening is onheilspellend goed.

 ”Book lovers’ title facing closure
Books & Leisure magazine has “sadly come to the end of the road. as without the support from paid advertising we can no longer sustain the magazine,” managing editor Carol Röthlisberger said yesterday, Monday, 19 November 2007 in a statement. “If by some miraculous twist of fate in the next two months, Books & Leisure finds an investor, we will pick up the pieces and fulfill our promise of a world-class magazine.” (uittreksel uit Bizcommunity newsletter)

Permalink Lewer Kommentaar