Ashtray Electric gesels oor hul jongste album, Measured in Falls

Julie 19, 2011 at 4:24 nm (musiek) (, )

Kom ons begin by die mees voor die hand liggende en waarskynlik populêrste (asook irriterendste) vraag: Het julle ’n besondere voorliefde vir nikotien, of kom die naam Ashtray Electric bloot van die moontlike poëtiese samevoeging van twee arbitrêre woorde wat goed saamgeklink het op daardie oomblik?

Rudi: Ongelukkig het dit niks met nikotien uit te waai nie. Arbitrêr is dit wel, maar dit kom uit twee van ons gunsteling-liedjies waarna ons geluister het rondom die tyd toe ons ’n naam gesoek het. Die een was “Ashtray Girls” van Placebo, en die ander “Electric Alice” van Nick Cave se ander projek, Grinderman.
Measured in Falls, julle tweede album, is 11 Junie by The Assembly vrygestel en pryk tans op alle musiekwinkels wat hul sout werd is se rakke. Die albumtitel kan op verskeie wyses geïnterpreteer word – wat is julle interpretasie?

Rudi: Ek dink al vier

van ons het ’n ander interpretasie van die titel. As jy so baie tyd saam spandeer op toer en in studio, deel jy omtrent alles. Dis soos om drie meisies te hê. Partykeer gaan dit goed, en ander kere nie. Ons raak kwaad vir mekaar of ons lag saam.

Hierdie skrywe het oorspronklik op LitNet verskyn. Lees die volledige onderhoud hier.

Permalink Lewer Kommentaar

Insidente en gypsies

Junie 25, 2011 at 9:48 vm (algemeen) (, , )

Goed – so eenkeer `n week was miskien `n bietjie optimisties, maar is darem in die proses om my eie besigheid op die been te bring,  so ek mag `n bietjie slack kry … In elk geval – tussen die ontwerp van besigheidskaartjies, domain name registrasies en `n deeltydse werk om te oorleef, het ek wel darem op `n paar cool goed afgekom wat die moeite werd is om te deel.

Een hiervan is my ontdekking van `n Stellenbosse band. Die res van die wêreld weet waarskynlik al van Manouche. Ek het `n paar maande gelede die eerste keer die naam sien opduik en die woorde “gypsy jazz” het dadelik my aandag getrek. Helaas het maande verbygegaan waarin ek nie by een van hulle gigs kon kom nie. Die noodlot het toe maar ingegryp en `n geleende cd in my hande laat beland (dankie Mattie!)

The Bloomsbury incident is in Maart vrygestel by Klein Libertas so die cd is al `n tydjie in sirkulasie. Ek wil nie te veel weggee nie, want dis die moeite werd om die cd te kry as jy hou van musiek wat afwyk van die gewone norm waarmee ons daagliks gebombardeer word. As jy hou van Rupa and the April fishes en `n bietjie gypsy in jou bloed het, sal jy hiervan hou. Dis vrolik, ongekompliseerd op die oor, maar veelvlakkig. Verward? Mooi – nou kan jy die CD gaan koop!

Permalink Lewer Kommentaar

Blondelogic 101 revisted

Junie 7, 2011 at 5:09 nm (algemeen)

Goed, so die afgelope twee jaar (give and take `n paar maande) was nie goed vir my blog nie. Gedeeltelik weens stormagtige werksomstandighede en (gelukkig!) ook deels weens die toetrede van `n sekere belangrike persoon waaraan ek met graagte die tyd afstaan. Read the rest of this entry »

Permalink Lewer Kommentaar

Next page »

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.